KRY GRATIS LUGTYD WANNEER JY BY SHOPRITE INKOPIES DOEN!

Dis reg! Hoe meer jy koop, hoe meer kan jy gesels. Gaan na jou naaste winkel of leer meer oor dié promosie hieronder.

HOE OM GRATIS LUGTYD TE KRY:

  • Koop enige spesiaal-gemerkte produk.
  • ’n Herlaai-nommer sal aan die onderkant van jou betaalstrokie gedruk word.
  • Volg die instruksies aan die onderkant van jou strokie om jou gratis lugtyd te laai.
  • Wanneer jou totaal tot by R5 optel, sal jou herlaai-lugtyd geaktiveer word (behalwe vir Virgin Mobile en 8ta wat met R10 sal aktiveer.
  • Gratis lugtyd laai slegs in vol randwaardes (bv. R6, R7, R8). Oorblywende sente sal by jou volgende gratis herlaai gevoeg word.

HET JY ENIGE VRAE?

Waaroor gaan die Gratis Lugtyd-Promosie?

Shoprite het toegevoegde-waarde kopies met ons verskaffers onderhandel om jou, ons gewaardeerde klant, die voordeel van GRATIS LUGTYD met uitgesoekte produkte binne ons winkel te gee. Elke klant kan ook hul eie netwerk kies.

Hoe lank voor die lugtyd aktief is?

Normaalweg binne 24 uur, tensy daar ’n problem met die koopbewys is OF indien die SIM-kaart in die foon nie bereik kan word nie. Byvoorbeeld, as die selfoon afgeskakel is of die battery pap is.

Hoe laai ek die gratis lugtyd?

Jy moet die herlaai-nommer op jou betaalstrokie soos volg skakel:

*130*159*herlaainommer# ’n Vertraging met die ontvangs van die lugtyd kan verband hou met die netwerkverbinding óf met die klant se selfoon wat afgeskakel is.

Dit is nie nodig om die lugtyd te laai nie. Indien die balans R5 of meer is, sal dit outomaties op die klant se SIM-kaart gelaai word.
Indien die waarde minder as R5 is, sal dit eers geaktiveer word as die klant meer inkopies doen om die balans tot R5 of meer te bring.

Hoe kan ek my balans of beskikbare lugtyd sien?

Skakel eenvoudig *130*159# waar die balans minder as R5 is

Vir hoe lank is die gratis lugtyd geldig?

Die lugtyd is vir 90 dae geldig en enige oorblywende lugtyd sal daarna verval. Die herlaai-nommer moet binne 90 dae vanaf die aankoopdatum geskakel word.